MOSSELBAAI NUUS - Die jaar 2019 snel ten einde en vir lidmate van die Gereformeerde Gemeente in Heiderand was dit 'n groot voorreg om gedurende die jaar weer sop te bedien by die besige klinieke van die provinsiale hospitaal op Mosselbaai.
Dit sou egter nie moontlik gewees het sonder die getroue ondersteuning van die bekende Baruch's koffiewinkel in Mosselbaai en hul personeel nie.
Hulle het elke maand 80 koppies sop gemaak, wat 'n groot verskil in die dag van die wagtende pasiënte gemaak het.
"Baie, baie dankie aan die eienaar van Baruch's koffiewinkel, Aharon Baruch en sy vriendelike personeel. Sonder hierdie gebaar sou niks moontlik gewees het nie. Ons sien uit na voortgesette samewerking in 2020, om op so 'n wyse diensbaar by die klinieke te wees," sê Jo Venter van die Gereformeerde Gemeente Heiderand.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'