MOSSELBAAI NUUS - Die 27-jarige man wat daarvan aangekla word dat hy 'n vrou by die Covid-19 kwarantyn- en isolasie fasiliteit op Mosselbaai verkrag het, sal vandag, Vrydag 25 September in die Mosselbaai-landdroshof om borgtog aansoek doen.
Die verdagte is vroeër die maand in hegtenis geneem nadat 'n 20-jarige vrou wat in isolasie was glo deur hom in 'n kamer op die terrein verkrag is.
Die verdagte het as 'n skoonmaker op die terrein gewerk.
Hy het op Maandag, 21 September vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn waar die saak toe uitgestel is. Die slagoffer is intussen uit die fasiliteit verwyder en ontvang berading.
Vorige artikels:
- 'Skoonmaker' het glo vrou by kwarantynfasiliteit verkrag
- Vrou in kwarantynfasiliteit seksueel aangerand
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'