MOSSELBAAI NUUS - ‘n Sewe-en-twintigjarige man is gister in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n vrou wat geisoleer het in ‘n kwarantynfasiliteit vir Covid-19 op Mosselbaai seksueel aangerand het.
Die Mossel Bay Advertiser het by die polisie verneem dat die verdagte tans in aanhouding is.
Die saak is gister geregistreer en die voorval het vroeër die week plaasgevind.
Die slagoffer is intussen uit die fasiliteit verwyder en na ‘n plek van veiligheid geneem.
Die verdagte het as ‘n skoonmaker op die terrein gewerk.
Hy sal môre in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van seksuele aanranding.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'