MOSSELBAAI NUUS - Shéri Brynard het haar storie op Saterdag 4 November vertel tydens haar boekbekendstelling by die Diaz Hotel. Het sy ‘n storieboek geskryf? Is haar lewe ‘n droom?
Sy het ‘n boek geskryf oor die oorwinning oor struikelblokke, uitdagings en die lewe van ‘n persoon met Downsindroom.
Uit elke insident en fase in haar lewe wat sy met die gehoor gedeel het, het haar fyn sin vir humor en onvoorwaardelike geloof in God die gehoor diep geraak en met verwondering gevul.
Kan sy mense motiveer? Dit is een van haar drome om mense te motiveer deur haar omstandighede.
Sy motiveer beslis: Sy het die gehoor ondermeer oortuig dat drome kan waar word – wel deur doelgerigtheid, harde werk en geloof.
Sy het die gehoor ook tot die besef gebring dat mens op soveel onbenullighede fokus en dat die groter prentjie sowel as perspektief dan verloor word.
Shéri se ma, dr Susette Brynard, is die groot motiveerder in haar lewe. Susette is sekerlik die definisie van mawees en dié sekerheid in haar lewe.
Nedine Blom was programleier en gaskunstenaar. Sy het die verrrigtinge met die uiterste professionalitiet koördineer.
As sanger het sy die gehoor betower deur ‘n wye repertoire van gospel tot klassieke musiek. Haar aandeel in die sukses van die oggend is onbetwisbaar.
Die personeel van die Diaz Hotel het die lokaal uitstekend voorberei.
Die personeel en ontbyt het talle komplimente ontvang. Shéri se boek is beskikbaar by Redding Boekwinkel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'