MOSSELBAAI NUUS - Lugbraaiers het die koswêreld op hol en mense kan nie ophou praat oor die toestel nie. Volgens kenners is dit is 'n gesonder en skoner gaarmaakmetode.
Suid-Kaap Fynproewersgilde het by Sjef Emile Nel gaan aanklop vir praktiese en maklike lugbraaier-resepte.
Hierdie geleentheid vind plaas op 2 Februarie om 09:00 by die Chef's Emporium Restaurant, Diaz Hotel.
Resepte gaan gedemonstreer en daarna geproe word terwyl die sjef sy geheime wenke met die gaste deel.
Enigeen wat belangstel om die geleenheid by te woon kan Wendy Bremner kontak (082 924 2428).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'