Update
MOSSELBAAI NUUS - Die vrou wat ernstig beseer is toe 'n vragmotor op 30 Januarie deur haar huis is, vaar baie beter ná sy vir 'n ruk lank bedlêend was.
Ronell Koert is steeds in die Kaap waar sy verlede week 'n geslaagde rugoperasie ondergaan het.
Sy sê die operasie was 'n sukses.
In haar laaste gesprek met die Mossel Bay Advertiser het sy gesê sy het al vir 'n paar dae geloop en haar fisioterapeut meen sy doen goed.
Sy is ontslaan en sal na verwagting teen die naweek by die huis wees.
Vorige stories:
Vragmotor ry deur huis op Groot Brak
Slagoffer van ongeluk nou in Groote Schuur Hospitaal
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’