Update
MOSSELBAAI NUUS - Ronell Koert is sedert 30 Januarie bed-lêend ná 'n vragmotor deur haar huis op Groot Brak is.
Sy het Dinsdag, 6 Februarie, aan die Mossel Bay Advertiser gesê dit gaan baie beter en dat sy darem gevoel het oral in haar liggaam.
Sy het haar rug beseer tydens die ongeluk en is tans is die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad waar sy Woensdag 'n operasie sou ondergaan.
Die datum vir die operasie is intussen na Maandag, 12 Februarie geskuif.
Die eienaar van die vragmotor het bevestig hulle is in kontak met die familie en was ook op die toneel die dag van die ongeluk.
Hulle sê hulle probeer die familie bystaan terwyl die versekering die eis hanteer.
Sersant Pippie Botha van die Groot Brak-polisie sê enigiemand wat graag die familie wil bystaan met enige skenkings kan haar kontak (073 551 7358).
Vorige storie:
Vragmotor ry deur huis op Groot Brak
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’