MOSSELBAAI NUUS - 'n Vragmotor het vanoggend, 30 Januarie, deur 'n woning op Groot Brak gery.
Volgens die woordvoerder vir die polisie op Groot Brak, sersant Pippie Botha, het die 42-jarige bestuurder van die vragmotor beheer oor die voertuig verloor ná dit begin probleme gee het in Wolwedansweg. Dit was tussen 06:30 en 06:45.
"Die trok het oor die spoedwal gekom en in 'n woning ingegaan," sê Botha.
Sy sê die voorkant van die huis is heeltemal weg.
Daar was drie mense in die huis ten tye van die ongeluk.
'n 43-jarige vrou, wat rugbeserings opgedoen het, asook 'n 20-jarige vrou en 'n eenjarige kind wat ligte beserings opgedoen het.
Botha sê die bestuurder het geen beserings tydens die voorval opgedoen nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’