MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Munisipaliteit wil graag alle inwoners en besoekers gerus stel oor die toestand van die riviere in sy munisipale gebied.
Dit volg nadat verskeie klagtes ontvang is oor erge stank en swak waterkwaliteit.
Watermonsters is van beide die Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier geneem.
Plaaslike toetse het die water as veilig bevind en van die watermonsters is weggestuur vir verdere toetse.
Die uitslae van die toetse word binne die volgende week verwag.
Die department omgewingsake is oor die waterkleur en toestand van die Hartenbosrivier ingelig.
Adv. Thys Giliomee, munisipale bestuurder, sê daar is in die stadium geen rede om die riviere as onveilig te verklaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'