MOSSELBAAI NUUS - 'n Vrou en haar dogter het op 4 Februarie om 11:36 geld by 'n Absa OTM-masjien in Mosselbaai Mall in Heiderand gevind wat iemand daar, met die strokie nog in die masjien se gleufie, gelos het.
Hulle wil graag die geld aan die regmatige eienaar besorg.
Die persoon moet die laaste vier syfers van die kaartnommer wat normaalweg op die onttrekkingstrokie voorkom asook die bedrag ter sprake kan bevestig alvorens die geld oorhandig sal word.
Kontak 083 708 9235 of 078 812 3753 om die geld op te eis.