TUINROETE NUUS - Januarie is 'n maand vir besinning en voornemenens, 'n tyd vir nuwe uitdagings en om ou gewoontes te verbreek.
Die Westerlike Provinsie Bloedoortappingsdiens woordvoerder, Michelle Vermeulen sê: "Maak bloedskenk een van jou nuwejaarsvoornemens en skenk bloed minstens vier keer in 2018.
"Dis maklik en jy kan tot 12 mense se lewens red as jy vier keer gaan bloed skenk in 2018.
"Indien jy met hierdie voorneme volhard in 2018 sal ons vir jou 'n unieke WPBOD-kossakkie gee om dankie te sê. Jy sal die kossakkie ontvang wanneer jy jou vierde skenking maak.
"Skenkers wat ouer as 65 is, sal dit ontvang met hul derde skenking."
Bloedskenking neem ongeveer 30 minute elke 56 dae. Jy moet ouer as 16 en jonger as 65 wees, meer as 50kg weeg, gesond wees op die dag van skenking en 'n veilige seksuele leefstyl handhaaf.
Bloedskenking sal jou geen fisiese skade berokken nie, aangesien slegs 475ml bloed geneem word wat binne 24 uur deur die liggaam vervang word.
Vermeulen sê: "Laai gerus ons toep, 'WP Blood', af om uit te vind waar jou naaste kliniek is op die dag van bloedskenking.
Die toep is verniet beskikbaar by alle iOS en Android toep-winkels.
Die toep sal ook vir jou in reële tyd kan wys hoe WPBOD se bloedvoorraad lyk."
Vir meer inligting, SMS "Bloed" na 33507 en WPBOD sal terugskakel met inligting waar om te skenk.
Skenkers kan ook 021 507 6300 skakel, 'n e-pos stuur aan info@wpbts.org.za of besoek die webtuiste, www.wpblood.org.za.
Besoek ook facebook (WP Blood) of Twitter (@WPBLood) vir interressante feite en inligting.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'