Gallery
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Mosselbaai se uitvoerende onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé en raadslid Annatjie J van Rensburg het Dinsdag uitgereik na die verswakte senior burgers wat by die Groenkloof Aftree-oord in Groot-Brakrivier woonagtig is.
Benewens die pakkie lekker eetgoedjies wat uitgedeel is, is daar heerlik met elkeen gekuier en tyd spandeer.
"Ons senior burgers lê die raad baie na aan die hart en ons bedank hulle vir wat hulle oor die jare heen vir ons dorp en omgewing beteken het."
Inwoners en personeel van die Groenkloof Aftree-oord op Groot-Brakrivier het die uitvoerende onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé en raadslid Annatjie J van Rensburg Dinsdag gul ontvang.
Inwoners en personeel van die Groenkloof Aftree-oord op Groot-Brakrivier het die uitvoerende onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé en raadslid Annatjie J van Rensburg Dinsdag gul ontvang.
Raadslid Annatjie J van Rensburg en die uitvoerende onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé, kuier by 'n inwoner van die Groenkloof Aftree-oord op Groot-Brakrivier.
ARTIKEL & FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brak, Hessequa nuus'