Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die munisipale bestuurder, Colin Puren, is tydens vandag se maandelikse raadsvergadering gedelegeerde magte gegee om stappe te neem om die veiligheid van die geaffekteerde gemeenskap op Groot-Brakrivier te verseker.
Die besluit volg na 'n besoek deur die uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé en sy burgemeesterskomitee vroeër vandeesweek om eerstehands vas te stel wat die omvang van grondglippe in die area op die plaaslike gemeenskap is.
Puren sal ook verantwoordelik wees vir die tydelike verskuiwing van gesinne wat steeds in onveilige strukture woon. Die tydelike strukture word tans vervaardig en hulp sal voorsien word met die tydelike verskuiwing. 'n Verslag van werksaamhede sal na afloop van die proses voor die raad dien.
Mosselbaai-munisipaliteit het reeds met die provinsiale owerheid geskakel vir onder meer befondsing.
"Mosselbaai-munisipaliteit doen alles moontlik om die geaffekteerde gesinne en die twee jongmense wat intussen ook beseer is, van hulp te wees," berig die uitvoerende onderburgemeester, raadsheer Cliffie Bayman.
VIDEO verskaf:
Verwante artikels:
- Beseerdes in bouval ongeluk oorgeplaas na die Kaap
- Twee beseer na bouval ineenstort
- Minister besoek beskadigde huise in Groot-Brakrivier
- Eendag om huise te ontruim
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'