Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Ronaldo Muller (15) en Salamen Boesak (25) is Donderdag, 17 Februarie ernstig beseer nadat ‘n gesloopte huis se sementblad op die twee geval het.
Muller en Boesak is vroeg gistermiddag oorgeplaas na die George provinsiale hospitaal. Die mans is intussen oorgeplaas na ‘n hospitaal in Kaapstad. Boesak het gekla dat hy geen gevoel in sy bene het nie.
Die voorval het in Greenfield op Groot-Brakrivier plaasgevind. Daffodilsingel was Desember 2021 in die nuus nadat vyf gesinne aangesê is om hul huise te ontruim.
LEES MEER: Twee beseer na bouval ineenstort
Dit volg na hewige reënval die grond onstabiel gemaak het. Verdere reënval gister het waarskynlik ook tot die grondverskuiwing bygedra.
Na ‘n vorige grondverskuiwing is dié spesifieke huis waar die voorval plaasgevind het afgebreek. Dit het tot gevolg gehad het dat die betonblad, wat op pilare gestut was, ‘n kuierplek vir jong mense geskep het.
LEES MEER: Eendag om huise te ontruim
Inwoners het owerhede gewaarsku dat ‘n ongeluk onvermydelik gaan wees en Donderdag se gebeure hul vrese bevestig.
LEES OOK: Minister besoek beskadigde huise in Groot-Brakrivier
Sommige inwoners bly steeds in die gekraakte huise aangesien hulle geen ander heenkome of blyplek het nie.
Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'