MOSSELBAAI NUUS - Querin Volkwyn, een van die lewensredders wat op 7 Januarie in 'n ongeluk op die Vleesbaai-pad betrokke was, is steeds in die intensiewe sorgeenheid van die Life Bay View hospitaal.
Na 'n besoek aan die hospitaal verlede week, sê sy pa, Andrew, dit gaan goed met hom ondanks die uitdagings.
Hy sê Querin is verlam van sy nek tot by sy voete. Hy gaan, wanneer hy sterk genoeg is en van die waglys gehaal word, na die Western Cape Rehabilitation Centre.
Volgens sy pa haal hy maar moeilik asem en ontvang ook binneaarse voeding.
"Maar die dokter is positief, en Querin begin ook al saggies praat."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’