Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Restaurantpersoneel van verskeie restaurante in Marshstraat en by die Punt in Mosselbaai het vanmiddag in ‘n protesoptog beswaar gemaak teen die regering se besluit om die regulasie ten opsigte van drank weer in te stel asook die aandklokreël wat ingestel is van 21:00 tot 04:00.
Die optog was sonder enige voorvalle van saakbeskadiging en die polisie het die groep voorgekeer en gesê hulle sal die optog toelaat en het voorgestel dat hulle sal die optog begelei op in Marshstraat waarna die skare omgedraai het en vreedsaam terug is na hul onderskeie restaurante.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'