MOSSELBAAI NUUS - 'n Unieke fondsinsamelingsprojek vir die Carpe Diem skool in George is op Sondag, 28 Mei, gehou toe die Vastrap 4x4-klub 'n begeleide roete oor die Prins Alfredpas aangebied het.
Sowat 80 deelnemers in 23 voertuie, het vroegoggend by die skool bymekaar gekom waar elke voertuig 'n donasie gegee het om deel te neem.
Die hoof van die skool, Elzeth Grobler, het meer vertel oor die skool, die leerders en die personeel voor die groep vertrek het.
Die besondere natuurskoon kon beleef en besigtig word en daar is ook 'n heerlike piekniek by die Grootboom gehou waar geborgde pryse uitgedeel is.
Die fondsinsamelingsprojek en die roete is as 'n heerlike ervaring beskryf. Grobler het die deelnemers en borge bedank vir hul ondersteuning. "Ons hou binnekort 'n Rodeo-dans en vertrou dat die gemeenskap ons ook daarin sal ondersteun."
Van die pragtige uitspan- en piekniekplekke wat op die roete is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’