Dit is glo nie gedoen nie oor die onluste wat in KwaNonqaba geheers het.
Gefrustreerde inwoners van Powertown het op Sondag, 17 Augustus motorbande begin brand uit protes. Die toiletemmers is kort hierna leeg gemaak, nadat dit op 7 Augustus laas gedoen is.
Volgens die woordvoerder van die Mosselbaai Munisipaliteit, mnr Harry Hill, word die 83 toiletstrukture in Powertown, wat elk 'n 25-liter emmer bevat, op Maandae en Donderdae verwyder en met 'n nuwe emmer vervang.
"As gevolg van die onluste in KwaNonqaba en Asla Park kon die kontrakteur wat verantwoordelik is vir die rioolemmers, nie sy werkers uit KwaNonqaba en Asla Park gaan haal nie, en gevolglik nie die emmers verwyder nie."
Mnr Hill wou nie aan die Mossel Bay Advertiser bekendmaak wie die kontrakteur is nie.
Het jy kommentaar op die artikel? Stuur 'n e-pos na louise@goupeditors.co.za.
Dit het die brand van motorbande in Powertown gekos voordat ingespring is om rioolemmers leeg te maak.
Foto's: Dave van der Merwe
Die blou toiletstrukture in Powertown was oorvol.
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'