MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-potspel het onlangs 'n geslaagde prysuitdeling by Blasters-restaurant gehou waar verskeie potspelspelers vir hulle prestasies van die afgelope seisoen vereer is.
Mosselbaai se spelers het die afgelope seisoen goed presteer op provinsiale vlak en ook uitgeblink in die liga.
Mosselbaai-potspelliga bestaan uit 'n A-afdeling waar die top spelers met mekaar meeding en 'n B-afdeling waar die meer sosiale en opkomende spelers meeding.
Die agtballiga word weekliks op Dinsdagaande en die swartballiga op Woensdagaande gespeel.
Mosselbaai-potspel is ook trots om 'n speler, naamlik Danie Swart, in sy geledere te hê wat op nasionale vlak speel en wat huidiglik sewende gekeur is in die wêreld op die nuutste 2020 seniors wêreldranglys.
Hy is ook die stigterslid van Mosselbaai Pool in 2005.
Die B-afdeling se ligawenners: Sylvester Mitchell, DeWitt le Roux, Anesco Malgas en Steven Steele.
B-afdeling top 5: Sylvester Mitchell, Anesco Malgas, Wouter Pretorius, Yuri du Plessis (2de plek) en Manny da Sousa (individuele ligawenner).
A-afdeling se top 5: André Reynecke, Donovan Geswindt, Anovuyo Manyonta, Danie Swart (individuele ligawenner) en Kobus Crous (2de plek).
B-afdeling se dubbels- en naaswenners: Sylvester Mitchell, DeWitt le Roux, Johan Nel en Wouter Pretorius.
Ligawenners in die A-afdeling: Servaas Coetzee, Thys Greyvenstein, Danie Swart, Boet Pheiffer en Kobus Crous. Die Mosselbaai-liga se dubbelswenners is Boet Pheiffer en Danie Swart met naaswenners Kobus Crous en Servaas Coetzee.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'