MOSSELBAAI NUUS - Die polisie mag met hulle voertuie op strande ry om te verseker dat mense die vlak 3 inperkingsregulasies nakom.
'n Bron in die polisie het aan die Mossel Bay Advertiser bevestig dat die polisie in 'n ramptoestand nie verhoed kan word om hul pligte uit te voer om te verseker dat inwoners aan die regulasies voldoen nie.
Dit volg op hewige kritiek op sosiale media nadat 'n foto van 'n polisievoertuig wat op 'n strand op Mosselbaai ry wyd versprei is.
Intussen is minstens 120 soldate van die Generaal Jan Smuts-eenheid in Kaapstad in onder meer die Tuinroete en die Kaapse metro ontplooi.
Dit is om inperkingsregulasies te help afdwing. Minister van polisie, Bheki Cele het die Tuinroete op 6 Januarie besoek en het tydens sy besoek gesê baie mense weier om die regulasies na te kom, wat insluit om nie strande te besoek nie.
Hy het gesê die weermag sal ook teen gewone misdaad help.
Intussen sê die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, brig Novela Potelwa weermaglede is spesifiek na die Kaapse virusbrandpunte ontplooi. Potelwa sê soldate is op 9 Januarie in die Tuinroete, waar onder Mosselbaai en Knysna ontplooi. Die soldate sal na verwagting tot einde Januarie in die gebiede bly.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'