GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het op Dinsdag, 16 Oktober in die woongebied Wolwedans beslag gelê op 350 Stilpane-tablette.
Polisiewoordvoerder, sers Chantel Marais sê die polisie het 'n visenteringslasbrief bekom en die woning van die 39-jarige verdagte deursoek.
Die polisie het tydens hul soektog ook op 69 "stoppe" dagga afgekom, maar weens die nuwe daggawetgewing, kan die verdagte nie vir 'n misdryf aangekla word nie. Hy is wel in hegtenis geneem op 'n aanklag van handel in Stilpane-tablette. Die verdagte moet eersdaags in die hof verskyn op 'n aanklag van handel in Stilpane.
Die straatwaarde van die tablette beloop R1 100. Groot-Brakrivier is al in die verlede as 'n "pilmekka" uitgewys en die polisie lê jaarliks beslag op duisende onwettige pyntablette.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'