Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Vrydagmiddag, 22 November het lede van die gemeenskap binne die KwaNonqaba-polisiestasie se bedieningsarea, buurtwaglede en ook munisipale raadslede deelgeneem aan 'n vreedsame, nie-politiese optog na dié stasie.
Dit volg nadat bykans 2 000 handtekeninge op 'n petisielys versamel is waarin geëis word dat die stasie opgegradeer word ten einde hul dienslewering aan die gemeenskap te verbeter.
Dit is 'n welbekende feit dat die stasie 'n groot bedieningsarea het en dat mannekrag en ander kwessies 'n wesenlike probleem is.
Die deelnemers aan die optog het in Adriaanslaan langs die kwanonqaba MALL op 'n oop stuk grond, wat deur die Mosselbaai-munisipaliteit aan die polisie toegeken is vir die bou van 'n nuwe stasie, byeengekom.
Hiervandaan het hulle na die huidige polisiestasie gestap waar die petisie aan die bevelvoerder van die stasie, lt kol Azisa Mandongana oorhandig is.
Kyk 'n video hieronder:
Die onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé het tydens die oorhandiging verduidelik dat die munisipaliteit die saak van opgradering met nasionale regering opgeneem het, maar dat hulle navraag steeds niks opgelewer het nie.
Hy het voorts gesê dat Vrydag se optog en die petisielys 'n verdere stap van die munisipaliteit se kant af is om die kwessie om 'n nuwe manier aan te spreek.
Deelnemers aan Vrydag, 22 November se optog arriveer by die KwaNonqaba-polisiestasie om 'n petisie te oorhandig.
Lede van die gemeenskap het vanaf die perseel wat toegeken is vir die bou van 'n nuwe polisiestasie tot by die bestaande KwaNonqaba-polisiestasie gestap.
Lees 'n vorige artikel: opgradering van stasie geëis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'