MOSSELBAAI NUUS - Tydens die Mosselbaai-eisteddfod 2018, het al drie kore van Laerskool Park deelgeneem.
Met harde werk en goeie dissipline het die graad R-, junior- en seniorkoor puik uitslae behaal.
"Baie dankie aan al die betrokke personeel wat hard gewerk het saam met hierdie kore. Ons is saam met julle trots. Juffroue Fourie, Smit, Brown, Du Toit en Le Roux, julle toewyding, passie en harde werk het goeie uitslae tot gevolg":
- Graad R-koor: A++ 96%
- Juniorkoor: A++ 95%
- Seniorkoor: A++ 95%
Park se juniorkoor.Blokfluit:
Juffroue du Toit en Brown het gesorg dat daar ses blokfluit groepe vanuit Park ook aan die eisteddfod deelneem. Hierdie groepe het hul baie goed van hul taak gekwyt en die volgende prestasies behaal:
- Graad 5S A+ (92%)
- Graad 5O A (88%)
- Graad 4O A (88%)
- Graad 4B A (86%)
- Graad 3F A (88%)
- Graad 3M A (86%)
Die graad R-koor van Park.
Hierdie blokfluitspelers (graad 5S) het 92% behaal. Agter: Stacey Haas, Danique Schoeman, Cammy Cordom, Mia Stander, Luka Otto, Milan Joubert, Isabella Schoeman, Sheree Slippers en Caron Goliath. Middel: Anton Marx, Fanie Keyser, John-Daniël Minnie, Anya Stroh, Nihan Binedell, Edrich Schoeman en Loghan Valentyn. Voor: Reece Meyer.
Laerskool Park se seniorkoor in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'