MOSSELBAAI NUUS - Omstreeks 03:00 vanoggend is ‘n Standard Bank outomatiese tellermasjien (OTM) in Adriaansweg, Aslapark besteel.
Die misdadigers het toegang tot die masjien verkry deur ‘n kluisdeur, waarna die geld verwyder is. Dit is nog nie bekend met hoeveel geld die misdadigers weggekom het nie.
Volgens die kommunikasiebeampte van die KwaNonqaba-polisie het niemand in die omgewing skynbaar iets verdags opgemerk nie.
Die polisie vra dat enige persoon wat oor inligting oor die voorval beskik, die KwaNonqaba-polisie (044 606 5600) moet kontak.
Sekuriteitspersoneel was steeds op die toneel terwyl die ondersoek voortduur.
Toegang tot die geld is verkry deur dié kluisdeur, wat weinig skade toon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'