Net omtrent halfpad op sy missie om geld vir 'n klein seuntjie, Luca, wat sonder 'n regter onderbeen gebore is, in te samel, sê Steyn die eerste persone wat hom langs die pad 'n tjek in die hand gestop het, was 'n bejaarde egpaar van Mosselbaai. Klein Luca moet elke agt maande 'n nuwe prostese kry.
Toe hy die skenking aan Paul oorhandig het, het Raadsheer Scheepers die jong man bedank vir sy onselfsugtige omgee vir ander mense in soortgelyke omstandighede. Hy het gesê die Raad ondersteun graag verdienstelike projekte en het die wens uitgespreek dat hy ruim ondersteun sal word in sy pogings.
Ao Pieter Koekemoer, 'n SAPD woordvoerder, het Paul in Mosselbaai verwelkom en rondgeneem.
Mosselbaaiers wat Paul in sy fondsinsameling wil ondersteun, kan fondse oorbetaal aan die Paul Steyn Foundation, Eerste Nasionale Bank, rekeningnommer 62326196294.

Raadshere Scheepers en Smit en Paul Steyn van die Paul Steyn Foundation 'n toegif van die Raad gegee vir sy fondsinsamelingspoging wat hom padlangs vanuit Port Elisabeth na Kaapstad neem.
ARTIKEL EN FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS