Update
MOSSELBAAI NUUS - Kommunikasiebeampte van die polisie op Groot-Brakrivier, sers Laurianne Botha het bevestig dat twee mans, onderskeidelik 35 en 47 jaar oud in die kop-aan-kop-botsing vroeër vanaand op die Groot Sorgfontein-pad naby Friemersheim gesterf het.
Beide mans was in dieselfde voertuig.
Die identiteit van die oorledenes word weerhou tot die familie in kennis gestel is.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
Vorige artikel: Botsing naby Friemersheim
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'