MOSSELBAAI NUUS - Motoriste op pad na Oudtshoorn word gemaan teen 'n ongeluk wat naby Eight Bells, ongeveer 25 km buite Mosselbaai op die R328 plaasgevind het.
Nooddienswerkers is tans besig om die ongelukstoneel op te ruim.
Dit is nie bekend tot watter mate, indien enige verkeer ontwrig word nie, maar owerhede vra dat motoriste veral in dié omgewing baie versigtig moet bestuur in die omgewing.
Verkeer op Louis Fourieweg was ook vanmiddag ongeveer 14:45 ontwrig toe drie voertuie in 'n ongeluk betrokke was digby die afdraai na Diasstrand.
Volgens ooggetuies is niemand ernstig in hierdie ongeluk beseer nie.
Op die ongelukstoneel in Louis Fourieweg. Foto's: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'