Die Breede het omstreeks 17:00, onder luide toejuiging en 'n gepaste sproeiverwelkoming deur die Peridot, die Mosselbaai hawe binnegevaar. Aan die stuur was Dawie Zwiegelaar met neffens hom Fraser, Darren Zimmerman, Robbie Robinson, en Cameron Davidson, NSRI lede van Kaapstad. Ander vaartuie in die hawe het trots van hulle laat hoor met sirenes wat geloei en omstanders wat luidkeels gejuig het.
Op die NSRI kaai het Mosselbaai se NSRI vrywillgers 'n erewag gevorm en die nuwe aankomeling is met 'n saluut verwelkom alvorens dit op 'n doelgemaakte stallasie teen die sloep ingekatrol is.
Op Saterdag, 1 Desember het die NSRI hul jaareindfunksie by Vleesbaai se 4x4 roete gehou, waar die vrywilligers hul sandryvaardighede op die proef kon stel. Die gure weer het bygedra tot groot pret toe die laaste, lang duin menige in hul spore gesluit het en die voertuie tot groot vermaak uitgegrawe moes word. Almal het die roete met groot sukses voltooi en die dag baie geniet.

Die Breede, die Mosselbaai NSRI se nuwe reddingsvaartuig, word gepas deur die Peridot in die Mosselbaai hawe verwelkom.
FOTO'S: ELAINE VAN DER TOON