GROOK-BRAKRIVIER NUUS - Nog 'n troosdiens word Donderdag, 8 Desember, om 19:00 vir Virgol Frans (44), voorsitter van die Groot Brak-rugbyklub, by die VGK in Groot-Brakrivier gehou.
Frans het op Donderdag, 1 Desember sy stryd teen kanker verloor.
Sy begrafnis vind Saterdag, 10 Desember plaas. Die huisdiens begin 09:00 by Watsonialaan en die kerkdiens om 10:00 by die VGK in Groot Brak.
Virgol Frans laat sy ma Eunice Michaels en twee seuns, Jodin Joemats en Luthern Frans agter. Frans was 'n bekende inwoner in die Groot Brak omgewing en het groot planne gehad om die rugbyklub verder te ontwikkel.
Sersant Lauriane Botha, kommunikasiebeampte van die Groot-Brakrivier-polisie vertel: "Sy dood het die gemeenskap geruk. Hy was 'n legende in die Suid-Kaap, gerespekteerd en met 'n goeie sin vir humor. Hy het ook met die jongmense gewerk en hulle van raad bedien. Hy was 'n baie geliefde persoon."
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'