Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Nege mense is vanmiddag beseer toe 'n bakkie op Floraweg, Danabaai gerol het.
Polisiewoordvoerder, sers Kapp sê die bestuurder van die bakkie het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor waarna die bakkie verskeie kere gerol het en in die bosse langs die pad tot stilstand gekom het.
Hy sê 'n saak van roekelose-en-nalatige bestuur word ondersoek. Die aard van die insittendes se beserings is nie tans bekend nie.
Geen ander voertuie was in die voorval betrokke nie.
Die video hieronder is deur 'n plaaslike besigheid verskaf:
Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die bakkie verloor.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'