MOSSELBAAI NUUS - Die Seven Seas Mariner van Regent Seven Seas Cruise is tans besig om vanaf Richardsbaai, Mosselbaai se waters binne te vaar. Hy het Richardsbaai op 2 Mei verlaat.
Hierdie effens kleiner passasiersboot as die Merchant Shipping Company (MSC) se bote soos die MSC Sinfonia, wat meer as 3 000 passasiers kan dra, het tans net 779 passasiers aanboord.
Die boot is in 2001 gebou en is 216m lank.
Vir Mosselbaai en sy besighede is so ‘n besoek altyd ‘n finansiële inspuiting vir die dorp.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’