MOSSELBAAI NUUS - 'n YouTube-kanaal waar interessante gegewens oor van Mosselbaai se geskiedkundige geboue weergegee word, is beslis 'n besoek werd.
Die kanaal, genaamd Memorable Mossel Bay bevat videos oor Mosselbaaise besienswaardighede. Tans is daar sewe kort episodes.
Dit is die breinkind van Attie Gerber en Harry Hill. Gerber tree tans op as die samesteller en filmmaker, met Hill, voormalige koerantman en woordvoerder wat as die aanbieder optree.
"Ons het die projek met die hulp van Carina Wiggill van Mosselbaai Erfenis aangepak omdat hier so 'n klomp unieke geboue en historiese plekke in en om Mosselbaai is. Ons gaan dit so wyd as moontlik hou, dus alle groepe en kulture insluit," verduidelik Gerber.
Die skakels is soos volg: Memorable Mossel Bay
- 10 Church Street
- Carpenter Skop
- Vintcent Building
- Spectacular Splendour
- Into the Unknown
- First Mapping
- Close-up on Cantino
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'