MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-polisie soek ooggetuies van 'n gewapende roof wat op Donderdag, 18 Augustus in Marshstraat bo-op die brug by Da Nova plaasgevind het.
Volgens die polisie het twee bruin en een swart man die 37-jarige slagoffer met messe gedreig en van sy sak en persoonlike besittings ter waarde van R1 000 beroof.
Enigiemand wat 'n ooggetuie van die voorval was, word versoek om ao Erhard Briel (044 606 2841) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'