MOSSELBAAI NUUS - Nico Pienaar was sy lewe lank 'n Mosselbaaier en welbekend aan baie inwoners. Hy gebore en getoë Mosselbaaier en ook hier skool gegaan, getrou en gewerk. Sy gelykmatige persoonlikheid het hom onder almal wat hom geken het geliefd gemaak. Die herinnering aan die lekker kuier by hom in sy winkel, De Ville's, om sommer net te gesels en 'n koppie tee te drink, sal baie bybly.
Familie en vriende is verslae oor sy dood en sal nog lank oor hom rou, maar die herinneringe wat hy agterlaat is wat almal sal bybly.
Nico was 'n ware heer en sy onberispelike lewenswyse 'n voorbeeld van integriteit en innigheid.
Hy laat sy vrou Cheryl, drie kinders, Hannes, De Villiers, Sunè en vier kleinkinders, Nico, Wena, Salomie en Mariè asook broer Hannes agter.
Sy begrafnisdiens is vandag, Vrydag 22 Februarie om 10:00 vanuit die NG Kerk Moedergemeente.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'