MOSSELBAAI NUUS - 'n Afvaardiging van die Mosselbaai-munisipaliteit het vandeesweek met die bestuur van Airports Company SA (ACSA) by die George-lughawe samesprekings gevoer.
Die gesprek volg op samesprekings wat die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal ongeveer twee jaar gelede met die lughawebestuurder, Brenda Vorster gehad het toe hy self nog onderburgemeester was.
Die doel van die gesprek was om sterker bande tussen die twee entiteite te bevorder en tot 'n vergelyk oor 'n moontlike samewerkingsooreenkoms te kom.
ACSA is genader om moontlike korporatiewe maatskaplike inisiatiewe in veral die minder gegoede areas in die groter-Mosselbaai te oorweeg.
Agter, van links is Kobus Krige (sekuriteitsbestuurder), Peter Juthe (kantoorbestuurder van die burgemeester), Anton Dellemijn (portefeulje raadslid vir tegniese dienste), Deon Groenewald (bestuurder van vliegvelddienste), Marclen Stallenberg (bestuurder onderhoud en tegniese dienste) en Colin Puren (uitvoerende bestuurder strategiese dienste van die Mosselbaai-munisipaliteit). Voor is die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal en lughawebestuurder, Brenda Vorster.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'