Die kompetisie het bestaan uit drie uitdunne van 12 tellers per kategorie. Die Suidpunt van Afrika kompetisie, vir skaaptellers wat nog nie vantevore 'n kompetisie van hierdie aard gewen het nie, is deur die Mosselbaaier André Marais gewen, en Herman Pienaar het 'n trotse tweede plek behaal.
Die Megaweek Nasionale Kampioen was die internasionale rekordhouer in skaaptel, mnr Johan Muller van Ouland, Mosselbaai.
Hierdie gesoute skaapteller se wêreldrekord is sedert 1995 onoorwonne.
Muller spog met 'n bewese telling van 7.74 skape per sekonde, oftewel 450 skape per minuut. Hennie Pienaar het vir die vierde jaar in hierdie kategorie in die tweede plek geëndig.
Die Nasionale rekord is destyds oor 10 rondes, en sowat 2 300 skape later, beslis en die Australiër, Peter Flynn van Wakastaie, Tibooburra, in die afgesonderde noordweste van Nieu-Suid-Wallis, moes uiteindelik die knie voor Muller buig.

Van links: Frikkie Arendse (derde), Herman Pienaar (tweede) en André Marais wat die kampioen is in die Suidpunt van Afrika Skaaptelkompetisie wat op Bredasdorp beslis is.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'