Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Waarnemende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé het op Donderdag, 19 Augustus verder deur die dorp gegaan om plaaslike besighede, nie-regeringsorganisasies en ander te besoek as deel van die Mossel Bay Cares-projek.
Die projek is 'n inisiatief van die Mosselbaai-munisipaliteit ter ondersteuning van die plaaslike ekonomie en ook om verdienstelike werk wat in die gemeenskap gedoen word toe te lig.
Kotzé het twee apteke, Hartenbos- en Mosskem-apteek besoek. Laasgenoemde is ook gelys as een van die privaat fasiliteite waar die Covid-19-inenting bekom kan word.
Die Alma-kliniek was ook op die besoekroete waar onder meer personeel geloof is vir hulle knap hantering van die Covid-19-inentingsveldtog. Daar is ook oë gewys by die D'Almeida-kliniek. Die seniors van Benevolent Park het ook baat gevind by die besoek toe Kotzé en die speaker, raadsheer Petru Terblanche, wat onlangs van Covid-19 herstel het, die besoek meegemaak het.
Vandeesweek is die Wolwedans-gemeenskapsaal besoek waar Kotzé sy dank en waardering kon uitspreek teenoor sr Jacqueline Matimba en haar span wat die Covid-19-inentingsveldtog daar bestuur.
Kyk 'n video hieronder:
"Dankie vir julle opofferinge, vir die feit dat hulle daagliks sonder klagtes op jul pos is en soms met gefrustreerde mense moet werk wat nie altyd die stelsels verstaan nie. Dankie vir jul geduld, maar dankie veral dat julle bydra om die ekonomie van Mosselbaai 'n hupstoot te gee. Ons het groepsimmuniteit nodig sodat ons besighede weer vrylik sal kan handel dryf, daar weer werk vir ons jongmense geskep kan word, en mense weer vrylik sal kan sosialiseer en samekomste kan hou. Julle bydrae om hierdie ideaal van groepsimmuniteit te bereik, is van kernbelang vir ons dorp en sy mense.
Raadsheer Dirk Kotzé (heel regs) en dr Jaco Botma, mediese hoof van die Mosselbaai-sub-distrik (agter, vierde van regs) saam met personeel van die Alma-kliniek. Foto: Jannie du Plessis
Vir die spannetjie oues by Benevolent Park het 'n besoek van raadsheer Dirk Kotzé beslis uitgespel dat Mosselbaai omgee. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'