Die Kempens was nie die aand tuis nie en toe Steven van Schalkwyk, wat naby Pieter en Lidie Kempen se huis woon, in die vroeë rook ruik, het hy ondersoek gaan instel en die nooddienste in kennis gestel.
"Ons is geskok. Die inhoud van die huis was nie verseker nie" sê Lidie. Hoewel elke kamer in die huis 'n brandblusser gehad het, was dit nie vir enigeen sigbaar tydens die brand nie.
"Ons het geleer dat jy jou brandblussers buite moet sit en almal moet weet waar om dit te kry." Dit blyk of 'n kortsluiting die brand veroorsaak het. Lidie sê hulle was baie tevrede met die brandweer se reaksietyd.

ARTIKEL: LOUISE POSTHUM-KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS