MOSSELBAAI NUUS - Vroue wat 'n ander vrou in die middernagtelike ure buite 'n taverne in Dadoostraat, KwaNonqaba aangerand het, staan in die Mosselbaai-landdroshof tereg op 'n klag van moord.
Op Saterdagnag, 2 Junie het 'n woordewisseling tussen twee vroue binne die taverne ontstaan.
Die vroue het later na buite gegaan, waar een van die vroue deur ander aangerand is. Beide die vroue wat in die aanvanklike woordewisseling was, is per ambulans na 'n plaaslike hospitaal geneem, waar Thandeka Mnyobe, (33) by aankoms dood verklaar is.
Die ondersoekbeampte, sers Rudi Swanepoel, het een van die verdagtes gearresteer nadat sy mediese behandeling ontvang het.
Na verdere ondersoek is nog twee vroue later die volgende dag gearresteer.
Al drie die verdagtes het reeds in die landdroshof verskyn.
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'