MOSSELBAAI NUUS - 'n Man wat vermoedelik probeer het om by 'n huis in Danabaai in te breek, is vanoggend doodgeskiet.
Polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp sê die Kwanonqaba-polisie is omstreeks 03:40 na die toneel in E. Capitatastraat ontbied.
Die liggaam van 'n onbekende man is in die bosse naby die toneel en woning gevind. Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek.
Kwanonqaba-polisie het 'n moorddossier geopen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’