Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man wat twee weke gelede vir die ontvoering en verkragting van ‘n vrou op Mosselbaai in hegtenis geneem is, word ook van moord in ‘n onverwante saak aangekla.
Die 45-jarige verdagte het vandag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn om vir borgtog op die ontvoering-saak aansoek te doen.
Borgtog is egter aan hom geweier nadat dit aan die lig gekom het dat hy ook ‘n verdagte in die moordsaak van die 43-jarige Tess Vister is.
Vister se lyk is in Augustus 2013 onder 'n bed in die woonbuurt Sonskynvallei naby Hartenbos, gevind.
Sy is vermoedelik ernstig aangerand en het 'n steekwond aan die nek gehad.
Die verdagte bly in aanhouding en verskyn op die 28ste Junie in die hof op ‘n reeks aanklagte wat ontvoering, poging tot moord, moord en verkragting insluit.
Lees vorige artikels:
- 'Ontvoerder' weer in hof
- Ontvoerder ook moordverdagte
- Verdagte vas na ontvoering
- Vrou ontvoer: Polisie loods soektog
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'