MOSSELBAAI NUUS - ‘n Soektog na ‘n voertuig wat vanmiddag moontlik by die ontvoering van ‘n vrou in haar 30’s betrokke was, is deur die polisie op Mosselbaai van stapel gestuur.
Volgens die polisie het die vrou ‘n saamry geleentheid naby die Langeberg Mall gekry toe die bestuurder van ‘n Ford Bantam-bakkie met 'n Oos-Kaap registrasienommer met haar weggejaag het.
Die bestuurder het die slagoffer na bewering probeer verkrag en met ‘n mes gedreig.
Die polisie sê die slagoffer kon daarin slaag om te ontsnap waarna die voertuig op die Mandjiesdrif grondpad naby die R328 gesien is.
Die slagoffer word in ‘n hospitaal op Mosselbaai vir haar beserings behandel.
Enigeen met inligting word versoek om die Da Gamaskop-polisiestasie by 044 606 2200 te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'