MOSSELBAAI NUUS - 'n Vyf-en-veertigjarige man van Sonskynvallei wat vir die ontvoering van 'n vrou naby die Langeberg Mall gearresteer is, bly in aanhouding en verskyn weer op 12 Junie in die Mosselbaai-landdroshof. Die verdagte word na wat verneem word ook verbind met die moordsaak van Sonskynvallei-inwoner, Theresa (Tess) Vister (43) wie se lyk in Augustus 2013 onder 'n bed in 'n woning in dié woonbuurt gevind is.
Tydens die ontvoering op Maandag, 28 Mei het die slagoffer na afloop van haar skof by die verkeersligte voor die winkelsentrum duimgegooi het. Die verdagte het vir haar 'n saamrygeleentheid in sy bakkie aangebied waarna hy op die N2 in die rigting van PetroSA met haar weggejaag het.
Volgens polisiewoordvoerder, kapt Malcolm Pojie het die verdagte die slagoffer in die ry met 'n mes gedreig, haar van haar selfoon en R100 kontant beroof en haar verkrag.
Die slagoffer kon egter daarin slaag om uit die bewegende voertuig te spring waarna die verdagte glo met die voertuig op haar afgepeil en oor haar gery het. Hy het daarna, na wat verneem word, op 'n grondpad in 'n landelike gebied weggejaag en is skaars 'n dag later deur die polisie vasgetrek.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'