MOSSELBAAI NUUS - Daar is nooit 'n beter tyd om Kansa te ondersteun as nou nie. Juis daarom, in die gees van die feesseisoen, bied die Fairview Touch Farm in Hartenbos Saterdag 15 Desember hulle Local is Lekker-geleentheid aan.
Die geleentheid dien as 'n fondswerwingsgeleentheid vir SeeView se Kansa Relay for Life-span. Toegang is R10 per persoon en op die terrein wag hope vermaak en versnaperinge vir elke smaak.
Jaffles, halloumi-kaas, diepgebraaide sampioene, boereworsrolle en nie alkoholiese mengeldrankies word aangebied.
Kunstenaars wat optree sluit in Antoinette Snyders en kletsrymer Dané Prins, wat onlangs onder die top drie in die Underdog-sangkompetisie geëindig het. Plaaslike joernalis, Cornelle Carstens is die programleier en die uitgesproke humorverteller, Magdel Myburgh maak ook 'n vinnige buiging by die geleentheid.
Fairview is geleë naby die Monte Christo-landgoed, op die R102 by Hartenbos.
Vir meer inligting, kontak Carol (083 766 5722).
Kletsrymer Dané Prins tree op by Fairview Farm se geleentheid ten bate van Kansa.
Die geleentheid dien as 'n fondswerwingsgeleentheid vir SeeView se Kansa Relay for Life-span.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'