Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam van ‘n man het gisteraand op 11 Maart kort na middernag op Diasstrand uitgespoel.
Polisie-kommunikasiebeampte, kapt Malcolm Pojie sê ‘n sekuriteitswag het op die liggaam afgekom.
Pojie sê hoewel ‘n formele uitkenningsparade vanoggend gedoen sal word, is hulle bykans seker dat die liggaam die van die 20-jarige Amkelo Mzi is.
Mzi het op Sondag, 7 Maart omstreeks 13:30 by Diasstrand vermis geraak nadat hy saam met vriende daar gaan swem het.
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'