MOSSELBAAI NUUS - Die soektog na 'n jong man (20) wat vermoedelik gister, 7 Maart by Diasstrand verdrink het, is vanoggend voortgesit.
Polisieduikers is tans in die water en gaan tot wanneer dit hoogwater word na die vermiste man soek.
Die man woon op Mosselbaai en het gister saam met sy vriend gaan swem.
Volgens die polisie het sy vriend gesien dat hy in die moeilikheid verkeer toe hulle probeer uitswem het. Die vriend het hulp ontbied maar die man het onder die water verdwyn en word steeds vermis.
Die polisie het nog nie sy identiteit bekend gemaak nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'