MOSSELBAAI NUUS - Om tee in styl, met jou pinkie in die lug te drink en heerlike eetgoed daarby te geniet, klink altyd aanloklik. Des te meer as 'n mens dit kan doen vir 'n goeie doel.
Op Saterdag, 28 November kan 40 vroue, en die manne is ook welkom, 'n spogtee geniet te bate van Aldrich Kruger, 'n 12-jarige seun van Mosselbaai wat teen kanker stry.
Die tee word by Nuwe Dinge, 'n boetiek en koffiewinkel in Kloofstraat, Mosselbaai. Die geleentheid begin om 10:00 en eindig 13:00.
Lee-Ann Roeloffze, diensleweringstreekskoördineerder van Kansa en Het Bouwer, wat 'n besonderse getuienis sal lewer oor haar pad met kanker. Sy ly al 17 jaar aan kanker wat al in verskeie dele van haar liggaam gemanifesteer het.
Kunstenaars wat tydens die geleentheid optree is kletsrymer, Onblusbaar en die sangers, Magnus Neveling en Dihandri Groenewoud.
Kaartjies kan bespreek word by Lisa Kruger (082 624 3159).
Verwante artikels:
- 11-Jarige kankerlyer terug by die huis
- Struikelblok in 11-jarige se kankerstryd
- Steun11-jarige se kankerstryd
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'