MOSSELBAAI NUUS - 'n Sewentienjarige skoolseun wat van die verkragting van 'n mede-leerder verdink word, verskyn weer op 24 Februarie die Mosselbaai-streekhof.
Die voorval spruit uit 'n video wat aan mede-leerders gestuur is wat die groepsverkragting van 'n 18-jarige skoolmeisie uitbeeld.
Drie hoërskoolseuns was na bewering by die voorval betrokke. Die een seun het ook intussen in die hof verskyn op 'n aanklag van verkragting en die ander verdagte het besluit om as staatsgetuie in die saak op te tree. Hy sal dus tydens die verhoor vir die Staat teen sy maats getuig.
Die beweerde verkragting het op Saterdag, 16 November by 'n huispartytjie op Mosselbaai gebeur en die seuns het beurte gemaak om die slagoffer te verkrag. Sy was, na wat verneem word, onder die invloed van alkohol en was nie by haar bewussyn tydens die verkragting nie. Die seuns se gesigte is glo ook duidelik sigbaar in die video.
Die saak is uitgestel vir 'n streekhofdatum en die verdagtes is in hul ouers se sorg vrygelaat.
Lees vorige artikels:
- Seuns weer in hof na seksvideo
- Seun word staatsgetuie
- Tweede verdagte vas na verkragtingvideo
- Video van verkragting skok
- Seun in hof na verkragting op video vasgelê is
- Opvolg: Seuns (18) verkrag glo medeleerder
- Hoërskoolseuns verkrag glo meisie (18) op video
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'