MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Hartenbos neem vandag, Vrydag 6 Oktober afskeid van mnr Kannetjie Kotze wat op 30 September oorlede is. Die skool beskryf mnr Kannetjie as 'n man wat diep spore in Laerskool Hartenbos en die gemeenskap se harte getrap het.
Hy het in 1991 by Laerskool Hartenbos as 'n graad 5-onderwyser aangesluit. Meneer Kannetjie was vir 27 jaar deel van die skool en sy skielike dood is vir almal by die skool 'n groot skok.
Leerders het veral by mnr Kannetjie aangeklop vir wenke in wiskunde, aangesien dit een van die vakke was wat hy met passie aangebied het. 'n Troosdiens word vandag in NG Kerk Hartenbos om 10:00 gehou. Leerders word versoek om die diens in skooldrag by te woon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'