Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 18-jarige meisie en 8-jarige seun wat op Sondag, 29 September in 'n kop-aan-kop botsing op die N2 tussen Albertinia en Riversdal dood is, was familie van mekaar.
Die Mossel Bay Advertiser het verneem dat Leejane November (18) en Monte Elbrink (8) niggie en nefie was.
Hulle is dood in die botsing net na 07:00 Sondagoggend.
Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa sê die N2 was vir 'n geruime tyd vir verkeer gesluit. Africa sê die omstandighede van die botsing, tussen 'n bakkie en 'n sedan, word ondersoek.
Monte was 'n leerder aan Voorwaarts Primêr op Riversdal en Leejane was 'n leerder aan Albertinia Hoërskool.
Begrafnisreëlings moet nog getref word.
Monte Elbrink was 'n leerder aan Voorwaarts Primêr op Riversdal.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'